cillie-hoerskool

Hoërskool

Cillié

  (041) 451 4837

Welkom by Hoërskool Cillié

Baie welkom by Hoërskool Cillié, die eerste Afrikaansmediumskool wat opvoeding verskaf aan leerders vanuit die breë Port Elizabeth gemeenskap.

 

Akademie is ons erns en daarvan getuig ons hoë slaagpersentasie van matrieks. Die afgelope tien jaar handhaaf ons ’n 98% slaaggemiddelde.  Buitemuurse aktiwiteite speel ook ’n belangrike rol by ons skool.  Verskeie soorte sport en kulturele aktiwiteite word aangebied.  Ons dinamiese en toegewyde personeel skep die geleenthede waarbinne ons kinders holisties opgevoed kan word.

 

Ons leuse "Volhard en Oorwin" dien as dryfveer om die visie van ons skool, naamlik om werklike ligdraers in die gemeenskap te wees, te kan nastreef en uit te bou.

Saalleerders

’n Kort historiese oorsig.

Gedurende die vroeë 1930’s was daar slegs parallelmedium laerskole en Engelsmedium hoërskole in Port Elizabeth.  Op 25 Januarie 1937 het die Noordeinde Sekondêre Skool as ’n parallelmedium hoërskool in ’n sinkgebou (bekend as die "Dining Hall and Bar") op die skougronde begin.  Die leerdergetal van 28 Afrikaans- en 28 Engelssprekendes is onderrig deur 3 onderwysers.  Die eerste skoolhoof was mnr. G.J.J. Smit.

 

Sedert Maart 1937 is dit die Hoërskool Lawson Brown genoem.  In April 1938 word die twee hoekstene van die huidige skoolgebou gelê - in Afrikaans en Engels.  Aan die begin van 1939 word die gebou met 130 leerlinge in gebruik geneem.

 

Die kultuurstryd het voortgewoed en op 22 Januarie 1940 word Lawson Brown die eerste Afrikaansmedium hoërskool in Port Elizabeth.  Die leuse van die skool "Volhard en Oorwin" is dieselfde jaar aanvaar.  Op 20 Junie 1949 is die naam Cillié amptelik aanvaar.  Dit is vernoem na prof. G.G. Cillié, eerste rektor van die Universiteit van Stellenbosch en groot kampvegter vir Afrikanerregte in die onderwys.

dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164
dscf9164

Donateurs

Indien u of u matriekklas dié blad wil borg, kontak die skool asseblief.

Hierdie webblad word geborg deur die matrieks van 1980.


Visie

Hoërskool Cillié is ’n bron van lig

en inspirasie vir die gemeenskap.

Missie

Ons bemagtig mense aan ons toevertrou deur christelikgebaseerde ontwikkelingsprogramme wat relevant en toekomsgerig is.

Waardes

Ons kernwaardes is:

  • Ons is mense van integriteit
  • Ons betoon respek
  • Ons leef naasteliefde uit
  • Ons is dankbare, harde werkers

         SOLI DEO GLORIA!

Kalender

Find events close to you.
Province:   
   
City:   
      
   

 
Son
Ma
Din
Woe
Don
Vry
Sat
01
02
03
04
05
06
07
08
09
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28

Spoed navraag

Voltooi en dien in

Kontak ons gerus:

Telefoon en adres besonderhede:

Fisiese Adres:

h/v Kempston- en Uitenhageweg

Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa

 

 

Kontak besonderhede:

Tel:  (041) 451 4837
Faks:  (041) 451-3500

 

 

E-pos:

hsc@absamail.co.za

 

Facebook:

https://www.facebook.com/hscillie

Fisiese Ligging

Kliek op die Google-kaart

Googlenew

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...