cillie-hoerskool

Hoërskool

Cillié

  (041) 451 4837

Gesinsdag

Op 25 Februarie 2012 het Cillié ‘n gesinsdag gehou in die vorm van ‘n karnaval. Hierdie dag was hoofsaaklik net pret en vermaak vir die leerders en hul ouers.

 

Daar is vroeg afgeskop met boeresport: sakresies, aartappel op die lepel, naald en gare, ‘n eerste vir baie! Dit was goed om net weer kinders so vol lewenslus te sien speel. Vir die kleinspan was daar ‘n lekker groot springkasteel.

Topkunstenaars se optredes op die Coca-Cola verhoog het almal op hul voete gehad. Dansgroepe Déja Vu, Spectrum Dance Crew en Vandiladors het hul kreatiewe, energieke danspassies uitgevoer. Oud en jonk het die sanggroepe GeneSix en Chapter 3 ook baie geniet. Daar was ook verskeie stalletjies waar baie oulike ware gekoop kon word.

 

‘n Mnr. en Mej. Karnaval is gekroon. Elke registerklas kon ‘n seun en dogter nomineer om namens hul klas deel te neem. Juniors en seniors is apart beoordeel. Die junior wenners was Sherney Mouers en Monré Luiters, albei in gr. 9B en die senior wenners was San-Mari Hornabrook in 12A en Gresham Jansen in 11D.

 

Die personeel het baie hard gewerk en lekker eetgoed verkoop. Die gesinsdag sal nog lank onthou word as nóg een van die hoogtepunte van die 75ste feesvieringe.


Mev. C. Syce

Spoed navraag

Voltooi en dien in

Kontak ons gerus:

Telefoon en adres besonderhede:

Fisiese Adres:

h/v Kempston- en Uitenhageweg

Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa

 

 

Kontak besonderhede:

Tel:  (041) 451 4837
Faks:  (041) 451-3500

 

 

E-pos:

hsc@absamail.co.za

 

Facebook:

https://www.facebook.com/hscillie

Fisiese Ligging

Kliek op die Google-kaart

Googlenew

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...