cillie-hoerskool

Hoërskool

Cillié

  (041) 451 4837

Revue 2012

Hoërskool Cillié het vanjaar weer na baie jare ‘n revue op die planke gebring. Die teks, choreografie en sangitems is alles deur die skool se personeel behartig. Hulle en die leerders het baie tyd en energie in hierdie feesjaar gebeurtenis ingesit. Die tema het oor die liefde gegaan en vandaar die naam Romans75.

 

In 2010 het die oudisies en rolverdeling plaasgevind. Gedurende die tweede kwartaal van 2011 is daar kliphard begin oefen aan die revue. Daar is elke middag, oor langnaweke en in vakansies geoefen. 250 leerders het aan die revue deelgeneem. Hulle talente is op verskillende velde ontgin, van drama, dans en sang tot by haarstilering, grimering en om agter op die verhoog te werk. Die revue was ‘n reuse sukses en was vir 4 dae in die Ventersaal op die planke.

 

Mev. E. Lombard en mev. C. Syce het al die baldans items gechoreografeer. Mev. E. Lombard was ook bedrywig met die verfkwas en het vir baie van die rekwisiete gesorg. Mev. N. Pieterse het al die moderne danse gechoreografeer, terwyl me. J. Reynolds en mnr. J. Botha verantwoordelik was vir al die sangitems. Mev. H. Fyver het die teks geskryf en die drama items afgerig. Me. C. van Aswegen, tesame met me. J. Julies het die trompoppies afgerig. Me. J. Julies, mev. A. van Biljon en me. C. van Vuuren en ‘n span van 31 meisies was verantwoordelik vir al die leerders se hare en grimering.

 


Mev. H. Fyver en mev. E. Lombard, tesame met 10 seuns, was verantwoordelik daarvoor dat alles agter op die verhoog seepglad verloop. Me. C. van Aswegen het die groot taak gehad om in beheer van die garderobe te wees. Mev. Williams het aan die stuur van die groot projek gestaan en gesorg dat al die leerders se mae elke dag vol was en dat hul nie ‘n voet verkeerd sit op die verhoog nie. Die volle personeel het ‘n hand bygesit en gehelp met toesig, kaartjie-verkope en om vir die leerders heerlike kos te gee.

 

Die revue is iets wat in Cillié se rekordboeke aangeteken sal word as ‘n hoogtepunt van die feesjaar. Ons hoop dat die revue ‘n gereelde gebeurtenis by die skool sal word sodat ons leerders hul talente kan ontwikkel en op die verhoog kan ten toon stel.

 

Baie dankie aan ons borge en vriende van die skool vir hul milde ondersteuning van die projek. Ons hartlike dank aan al die ouers wat ons met raad en daad bygestaan het, asook die skool se Beheerliggaam wat die projek ondersteun het deur fondse beskikbaar te stel.


Mev. H. Fyver

Spoed navraag

Voltooi en dien in

Kontak ons gerus:

Telefoon en adres besonderhede:

Fisiese Adres:

h/v Kempston- en Uitenhageweg

Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa

 

 

Kontak besonderhede:

Tel:  (041) 451 4837
Faks:  (041) 451-3500

 

 

E-pos:

hsc@absamail.co.za

 

Facebook:

https://www.facebook.com/hscillie

Fisiese Ligging

Kliek op die Google-kaart

Googlenew

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...