cillie-hoerskool

Hoërskool

Cillié

  (041) 451 4837

Vergroeningsprojek

Die feeskomitee het vanjaar besluit om inheemse bome op die skool- en JJ Engelbrecht sportterreine aan te plant. Die doel was om die skool te verfraai en ‘n skoner en groener omgewing te skep. ‘n Ruim skenking van R7 000 is vroeër van die plaaslike PPC sementfabriek ontvang na bemiddeling deur mnr. Orlando Gerber, bemarker van die skool.

Net nadat die skool aan die begin van die jaar geopen het, het die skool se arbeidspan 10 bome op die skoolterrein geplant. Tydens die Kleure-atletiekbyeenkoms het verteenwoordigers van die verskillende graadgroepe 2 waterbessiebome en 2 kamassiebome by die JJ Engelbrecht-sportterrein geplant.

Die volgende projek wat suksesvol aangepak is, was die verwydering van die giftige en uitheemse selonsroosbosse voor die skool. Intussen het Pieter Rademeyer-loodgieters vir ons gratis gate by die sportterrein gegrawe met ‘n skopgraafmasjien. Die arbeidspan van die skool het toe 31 waterbessiebome aangeplant. Tydens die nasionale Boomplantingsweek het die leerderraad 15 geelhoutbome geplant.

Binnekort gaan die nuwe leerderraad vir 2013, die 75ste inheemse boom by die sportterrein plant. Die Leerderraad neem verantwoordelikheid om die bome te versorg.

Ons wil weereens ons dank en waardering betuig teenoor PPC Cement en Pieter Rademeyer-loodgieters wat hierdie pragtige projek moontlik gemaak het.

Mnr. W. van der Riet

Spoed navraag

Voltooi en dien in

Kontak ons gerus:

Telefoon en adres besonderhede:

Fisiese Adres:

h/v Kempston- en Uitenhageweg

Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa

Kontak besonderhede:

Tel:  (041) 451 4837
Faks:  (041) 451-3500

E-pos:

hsc@absamail.co.za

Facebook:

https://www.facebook.com/hscillie

Fisiese Ligging

Kliek op die Google-kaart

Googlenew

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...