cillie-hoerskool

Hoërskool

Cillié

  (041) 451 4837

GEBOU EN TERREIN

Die skool het in Januarie 1937 nederig in ‘n sinkgebou op die skougrond begin . Op 7 Februarie 1938 het die kontrakteurs die fondamente van die nuwe skoolgebou op ‘n terrein langs Laerskool Dr. Viljoen gegrawe. Die hoekstene is op 22 April 1938 gelê. In Januarie 1939 het 130 leerlinge die nuwe skoolgebou betrek. Dit het uit die volgende bestaan: ses klaskamers, ‘n gekombineerde wetenskap laboratorium, huishoukunde- en houtwerklokale, ‘n saal, ‘n kantoor en ‘n personeelkamer met ruimte vir 10 onderwysers.   Dit vorm die voorste dubbelverdieping van die huidige gebou.

 

Die skool het gou te klein geword vir die groeiende getal leerders. In 1950 is die twee vlerke met ekstra klasse aangebou. Die reghoekige vorm is voltooi met ekstra toiletgeriewe en ‘n vergroting van die saal. Die houtwerkklas is geskuif vanaf die huidige personeelkamer na ‘n aparte gebou. Dit het die geraassteurnis verminder.

 

In 1955 word die sportterrein vebeter met die aanlê van gekombineerde netbal- en tennisbane. Die gedeelte voor die skool is met gras, bome en struike beplant.   ‘n Metaalwerklokaal is in 1956 opgerig. Die Magrieta Prinsloo het ook uit die gebou geskuif en haar intrek geneem in ‘n glaspaneelhuis voor die skool. In 1959 is ‘n addisionele stuk grond langs Ambroseweg bekom en is ‘n rugbyveld met ‘n atletiekbaan rondom aangelê. Dit is in 1961 ingebruik geneem. Die planne vir ‘n pawiljoen en kleedkamers is in 1963 gefinaliseer en het die bouwerk in aanvang geneem. Die onderwysers, ouers en leerders het saam volhard en die nodige fondse ingesamel. In 1965 is die pawiljoen met sitplek vir 900 mense en die nodige kleedkamers ingewy. Dit heet die J.J. Engelbrecht-sportterrein.

 

Groot uitbreidings en modernisering het in 1963 gevolg. ‘n Biblioteek, ‘n wetenskap-laboratorium, ‘n kunslokaal, twee musiekkamers, ‘n addisionele klaskamer, ‘n pakkamer en ‘n kamer vir die opsigter is aangebou. Die saal het ‘n nuwe verhoog en galery gekry, asook die Biologie-laboratorium is gemoderniseer.

 

Aan die begin van die sewentigerjare is die skoolgebou weer vergroot en dit het sy huidige beslag gekry. In April 1973 word die nuwe saal met sitplek vir 900 persone ingewy. Verder is ‘n modern biblioteek, ‘n ekstra Biologie-laboratorium, ‘n mediese blok, musiekkamers, asook kantore vir die skoolhoof, adjunkhoof en vise-hoofde toegevoeg.

 

‘n Ruim, goed toegeruste handwerkgebou om die vakke Houtwerk en Metaalwerk aan te bied is in 1990 bygevoeg. Die eerste rekenaar-laboratorium met 30 rekenaars, is in 1996 geopen.   Dit is gevolg deur ‘n tweede laboratorium in 2011 en skuif die getal rekenaars na 70 op. In 2009 word die klaskamers en gange met geslote kringtelevisie toegerus. Die nalatenskap van die wêreldsokkerbeker is sigbaar in die oprigting van ‘n netjiese heining en hekke tussen ons skool en Dr. Viljoen. Spreiligte is opgerig langs beide rugbyvelde en die eerste aandwedstryd het teen Andrew Rabie op 6 Mei 2011 plaasgevind.

 

 

Rekenaarlokaal-2

Spoed navraag

Voltooi en dien in

Kontak ons gerus:

Telefoon en adres besonderhede:

Fisiese Adres:

h/v Kempston- en Uitenhageweg

Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa

 

 

Kontak besonderhede:

Tel:  (041) 451 4837
Faks:  (041) 451-3500

 

 

E-pos:

hsc@absamail.co.za

 

Facebook:

https://www.facebook.com/hscillie

Fisiese Ligging

Kliek op die Google-kaart

Googlenew

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...