cillie-hoerskool

Hoërskool

Cillié

  (041) 451 4837

TLC (Teacher-Learner Care)

Die GM Foundation het Hoërskool Cillié in 2011 uitgenooi om kandidate voor te lê vir ‘n beurs om ‘n kort leerprogram (Short Learning Program) deur NMMU te doen. Die program word deur die GM Foundation geborg. Vier onderwysers van Hoërskool Cillié het aansoek gedoen en al vier is aanvaar.

 

Die kandidate het deur die loop van die jaar opleidingsessies bygewoon wat aangebied is deur opvoedkundige sielkundiges, kliniese sielkundiges, beraders en ‘n paar spesialis kenners. n Skriftelike eksamen is ook afgelê.

 


Die program getiteld “Youth and the Challenge of Today” is daarop gemik om onderwysers toe te rus met die nodige kennis en hulpbronne om jeugdiges wat in krisis is, te kan bystaan. Ons tieners word oorval met probleme wat spruit uit maatskaplike, sosiale, en akademiese druk. Diegene wat met sodanige probleme worstel, verdwyn soms in die massa en onderwysers beskik nie altyd oor die nodige kennis en vaardighede om sulke leerders by te staan nie. Danksy TLC het Cillié nou nog vier gekwalifiseerde beraders wat leerders kan lei en bystaan met die uitdagings van vandag. Mevv. Syce, Neumann, me. Julies en mnr. Grobbelaar sluit hulle nou aan by mev. Ainslie om ‘n gedugte span onder die vaandel van LIP (Leerder Intervensie Program) te vorm. Die spannetjie het groot planne en het alreeds ‘n “kantoor” ingerig en begin met bemarking onder die leerders. Leerders word uitgenooi om enige probleme met enige lid van die span te bespreek. Die lede van LIP beoog ook om sekere sosiale kwessies met behulp van gassprekers aan te spreek. Die spanlede het geen tekort aan entoesiasme nie en sien daarna uit om die projek verder te voer.

 


Spoed navraag

Voltooi en dien in

Kontak ons gerus:

Telefoon en adres besonderhede:

Fisiese Adres:

h/v Kempston- en Uitenhageweg

Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa

 

 

Kontak besonderhede:

Tel:  (041) 451 4837
Faks:  (041) 451-3500

 

 

E-pos:

hsc@absamail.co.za

 

Facebook:

https://www.facebook.com/hscillie

Fisiese Ligging

Kliek op die Google-kaart

Googlenew

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...