cillie-hoerskool

Hoërskool

Cillié

  (041) 451 4837

Die verhaal van Cillié

Die behoefte aan ’n Afrikaanse hoërskool

In die 1920’s was daar net parallelmedium-laerskole in Port Elizabeth en al die hoërskole was net Engels.  Die depressie van die vroeë dertiger jare het baie Afrikaanssprekende gesinne na Port Elizabeth gelok.  Baie gou was ’n derde van die inwoners van die stad Afrikaanssprekend.

 

Die eerste Afrikaanse laerskool, Excelsior, is in 1930 gestig.  Na dringende versoeke tot die Skoolraad is daar besluit dat Hoërskool Pearson vanaf 1932 ook klasse in Afrikaans kon aanbied.

 

Die woonbuurtes van Noordeinde, Sidwell en Sydenham het baie vinnig uitgebrei en daar was ’n groeiende behoefte aan ’n skool in dié omgewing.   

Ons skool word gebore

Uiteindelik op 23 Januarie 1937 is die Noordeinde Sekondêre Skool geopen in ’n klein sinkgebou op die skougronde.  Die skool was parallelmedium en  28 Afrikaans- en 28 Engelssprekende leerders het saam met drie onderwysers begin.  Die eerste skoolhoof was mnr. G.J.J. Smit.

 

In Maart 1937 is die naam na Hoërskool Lawson Brown verander.  Dit is vernoem na die voorsitter van die Skoolraad van Port Elizabeth.     

Ons skool word gebou

Op 22 April 1938 het Lawson Brown die hoekstene - in Engels en Afrikaans - van die huidige skoolgebou gelê.  Aan die begin van 1939 is die gebou met 130 leerders betrek. In dieselfde jaar word die eerste skoolkomitee van die Hoërskool Lawson Brown verkies.

     .

Ons word Afrikaans

Tydens die simboliese Groot Trek in 1938 het ’n groot volksgees onder die Afrikaanssprekendes posgevat.  Dit het die stryd vir ’n eie Afrikaanse skool verder gestimuleer.  Op 22 Januarie 1940, agt jaar nadat die mense die Skoolraad die eerste keer gevra het, word Hoërskool Lawson Brown tot ’n Afrikaanse skool verklaar.  Dit was die eerste Afrikaanse hoërskool in Port Elizabeth.  In 1946 het die leerdergetal gegroei na 335 leerders.

Ons ontvang die Magrieta Prinsloo

Die ossewa was deel van die simboliese trek wat in 1938 plaasgevind het ter herdenking van die Groot Trek (1838).  Dit is nie ’n kakebeenwa nie, maar spesiaal vir die Simboliese Trek gebou deur die wamakersfirma, Philps, van die Paarl.  Die naam is afkomstig van die Voortrekkerheldin, Magrieta Prinsloo.

 

Die wa is in 1947 deur die A.T.K.V. aan die skool geskenk met die doel dat die skool dit sal bewaar.  Dit is eers in die voorportaaal gestoor en is later na ’n vierkant verskuif.  In 1958 is besluit om die bekende glaspaneelhuis voor die skool te bou.

Ons naam word Cillié

Reeds in 1940 het die mense gevoel dat die skool na ’n Afrikaanssprekende persoon vernoem moet word en dat die naam Lawson Brown nie by ’n Afrikaanse skool pas nie.  Na baie onderhandelinge, besluit die Skoolraad in 1948 dat die skool se naam na Hoërskool Cillié kan verander op voorwaarde dat die volgende skool wat gebou word, se naam Lawson Brown moet wees.

 

Op 20 Junie 1949 is die naam Cillié ampetelik aanvaar.  Dit is vernoem na dr. Gawie Cillié, vroeër verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch en groot kampvegter van Afrikanerregte in die onderwys.

   

Dining Hall & Bar

Waar eerste leerders skool gegaan het.

Dininghall-en-bar

Die Magrieta Prinsloo

Magrieta-prinsloo-kleur

Dr Gawie Cillié

Dr-gawie-cillie

Spoed navraag

Voltooi en dien in

Kontak ons gerus:

Telefoon en adres besonderhede:

Fisiese Adres:

h/v Kempston- en Uitenhageweg

Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa

 

 

Kontak besonderhede:

Tel:  (041) 451 4837
Faks:  (041) 451-3500

 

 

E-pos:

hsc@absamail.co.za

 

Facebook:

https://www.facebook.com/hscillie

Fisiese Ligging

Kliek op die Google-kaart

Googlenew

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...