cillie-hoerskool

Hoërskool

Cillié

  (041) 451 4837

Feesnaweek

 

Kaas-en-Wyn

Die hoogtepunt en afsluiting van ons feesjaar het van 10 - 12 Augustus plaasgevind. Op die Vrydagaand was daar ‘n Kaas-en-Wynfunksie vir oudleerders, vriende en ondersteuners van die skool aangebied. Groot moeite is gedoen om ‘n feestelike atmosfeer in die Ventersaal te skep. Verskeie reüniegroepe het van die geleentheid gebruik gemaak om hul klasmaats weer na baie jare te ontmoet. Daar is behoorlik gesmul aan al die lekkernye wat deur mev. Janse van Rensburg en haar span helpers voorberei is en daar is tot laatnag toe gekuier. Met behulp van mnr. Orlando Gerber is daar ‘n veiling van rugby-aandenkings gehou en ‘n stewige bedrag geld is so vir die skool ingesamel.

Feesdans

Op Saterdag 11 Augustus het ons die tradisionele interskole teen Hoërskool Otto du Plessis gehad waar ons rugby- en netbalspanne teen ons bure gekompeteer het. Die aand was daar ‘n formele ete en dans vir belangstellendes in die Ventersaal. Ook hierdie geleentheid is goed ondersteun deur ons lojale oudleerders en vriende van die skool. Weereens het ons personeel ‘n funksie van hoogstaande kwaliteit aangebied en ons dankie klink so gering as in ag geneem word watter insette deur die hele personeel gelewer is.   ‘n Baie groot woord van dank aan mev. Melinda Bosch wat die twee funksies georganiseer het.

Dankdiens

Die feesnaweek en feesjaar is gepas afgesluit met ‘n Sondag-dankdiens in die

Smitsaal. Ten spyte van stormagtige weerstoestande het ‘n mooi getal oudleerders, leerders, personeel, ouers en vriende die oggenddiens bygewoon.

 

Past. Thys du Preez (1987) het die diens gelei uit Heb. 13:8 en die Woord bedien. Die skoolkoor het daarna gesing en die diens is afgesluit deur Royden Yew-Siong, (hoofseun 2010) wat die seën oor die skool gebid het. Ons is baie dankbaar vir die mooi bedrag wat gekollekteer is vir ons Christelike organisasie: JAM.

 

Baie dankie aan mev. Williams vir haar reëlings en skakelwerk.

Spoed navraag

Voltooi en dien in

Kontak ons gerus:

Telefoon en adres besonderhede:

Fisiese Adres:

h/v Kempston- en Uitenhageweg

Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa

 

 

Kontak besonderhede:

Tel:  (041) 451 4837
Faks:  (041) 451-3500

 

 

E-pos:

hsc@absamail.co.za

 

Facebook:

https://www.facebook.com/hscillie

Fisiese Ligging

Kliek op die Google-kaart

Googlenew

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...