cillie-hoerskool

Hoërskool

Cillié

  (041) 451 4837

Stigtingsdag / Skoolmuseum

Daar is in Februarie 2011 besluit om ‘n replika van die oorspronklike skoolgeboutjie, wat in 1937 op die landbouskouterrein gebruik is as skool, op ons huidige skoolterrein op te rig en dit dan as ‘n museum in te rig.

 

Die oorspronklike plan om ‘n sementfondasie te gooi en dan die struktuur op te rig moes verander word a.g.v. allerlei bouregulasies. Die projekleier, mnr. W. van der Riet, het toe by die Meester Bouersvereniging aangeklop vir raad en is toe voorgestel aan mnr. Frank Sanders wat houthuise bou. Sy raad was van onskatbare waarde en daar is besluit om die gebou op ‘n ander tipe fondasie op te rig.

 

Vier 8-meter houtpale is van Kareedouw bestel en is met behulp van ‘n “duisendpoot” spanpoging deur ons seuns by die voordeur ingedra. Mnr. Marais Landman, ouddepartementshoof vir Hout -en Metaalwerk, het 40 teerpale gratis vir ons vierkantig gesaag. Mnr. Sanders, sy werkers en mnr. Van der Riet het vir 3 maande op Saterdae gewerk om die houtstruktuur op te rig en ook die dak op te sit.

 

In Oktober 2011 het die skool se onderwyserspan onder leiding van mnre Steyn van Loggerenberg en Gavin Ludick die werk oorgeneem. Die houtvensters, deure, hout binnemure, isolering, plafon en sinkplaat buite om, is deur die span aangebring in hul vrye tyd. Die finale uitdaging was die insit van die vloerplanke. Mnr. Landman het weer onbaatsugtig gehelp deur die planke se tonge en groewe gratis te sny. In die vroeë oggendure is die laaste planke ingesit, geskuur en vernis. Die plekkie is pragtig uitgeverf en die naambord is met behulp van me. Van Aswegen geverf en opgesit. Me. Landsberg en mnr. Van der Riet het ‘n foto-uitstalling van die afgelope 75 jaar se skoolgeskiedenis in die museum aangebring.

 

Op 25 Januarie 2012, presies 75 jaar na die stigting van die skool, is die Dining Hall & Bar-museum amptelik geopen toe die skoolhoof, Mnr. Pierre Stoffberg, die lint geknip het met hulp van me. Sarah Goosen, een van die eerste leerlinge wat in die oorspronklike gebou skoolgegaan het. Tydens ‘n saalbyeenkoms het die huidige geslag leerders ‘n geleentheid gehad om te luister na die boodskap van Ds. Theuns Pienaar, hoofseun van 1958. Ds. Pienaar het die Woord bedien uit Psalm 16:6,7 : “Die meetsnoere het vir my geval in lieflike plekke, my erfenis is vir my mooi”.    

 

Ander sprekers wat hul herinneringe met die leerders gedeel het, was mnr. Stief Rootman(matriek 1948), mev. Marlene Pieterse (matriek 1961), me. Johanna Swart (matriek 1970) en mnr. Danus Schoombee (matriek 1982). Die feesgeleentheid is ook deur oud-hoofde en onderwysers en skoolhoofde van verskeie skole in Port Elizabeth bygewoon.

 

Hartlike dank aan al die onderwysers wat op een of ander wyse bygedra het om hierdie funksie spesiaal te maak. Die volgende persone was aktief by die projek betrokke: mnre. Van der Riet, Van Loggerenberg, Ludick, De lange, Grobbelaar, Carolus, Steyn en Botha, mee. Landsberg en Van Aswegen.

Spoed navraag

Voltooi en dien in

Kontak ons gerus:

Telefoon en adres besonderhede:

Fisiese Adres:

h/v Kempston- en Uitenhageweg

Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa

 

 

Kontak besonderhede:

Tel:  (041) 451 4837
Faks:  (041) 451-3500

 

 

E-pos:

hsc@absamail.co.za

 

Facebook:

https://www.facebook.com/hscillie

Fisiese Ligging

Kliek op die Google-kaart

Googlenew

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...