cillie-hoerskool

Hoërskool

Cillié

  (041) 451 4837

SIMBOLE

Skoolleuse

Mnr.G.J.J. Smit, die eerste skoolhoof,  het die Latynse woorde fortitudine vincimus (ons oorwin deur te volhard) voorgestel.  Die Skoolkomitee het egter die vereenvoudige vorm "Volhard en Oorwin" aanvaar.

 

Die boodskap van die leuse word deur die leerders in hul daaglikse lewe  en in hul skoollewe uitgedra.

Skoolwapen

’n Eie wapen is in 1940 deur mnr. Freddie Woest ontwerp en op 28 Maart 1956 is ’n gipswapen, deur mnr. S. Venter gemaak en ’n houtsneewapen, deur mnr. W.A. de Bruin gemaak, onthul.  Die houtsneewapen hang  tans in die voorportaal van die skool. 

 

 

In 1958 is die wapen egter gewysig en is deur mnre. I.M. Kritzinger en H.G.J. Lintvelt saamgestel.  ’n Afbeelding van dié wapen is deur mnr. J.P.P. Fullard gemaak en hang in die voorportaal van die Ventersaal.

 

 

Die simboliek van die skoolwapen:

DIE BOEK:        Kennis, Waarheid.

VUURTORING EN LIGSTRALE:  Verspreiding van dié Kennis en Waarheid.

DIE WIEL:         Simbool van die Ossewa wat herinner aan ons herkoms en

                            tradisie en aanspoor tot voorwaartse beweging.

DIE JUKSKEI:  Simbool van Volharding en Diensbaarheid.

 

DIE GOUE BAND: Simbool van Eenheid en Krag.

DIE GROEN:          Stel voor die eie bodem.

DIE GOUD:             Dui op energie en lewenskrag; die vrug van ons Arbeid.

DIE SILWER:          Is die teken van blymoedige vertroue.

Skoolvlag

Die eerste skoolvlag met die skoolwapen daarop is op 12 Augustus 1957 gehys.

 

Die skoolbanier word tydens optogte, byvoorbeeld atletiekbyeenkomste en die vaarwelfunksie van die matrieks gebruik.

Skoollied

Die woorde en toonsetting van die skoollied was die werk van mnr. A. Vos Malan, destyds skoolhoof van die Primêre Skool Willowmore (Desember 1955). 

 

Skoollied


Soos die golwe bruisend aanrol

uit die boesem van die see,

klink ‘n wekroep oor die velde:

Volharding bring oorwinning mee.

Trou volg ons op hierdie roepstem,

Al ons kragte sal ons gee;

Trou in wil en werk en wandel,

Trou aan jou, ons skool, Cillié

 

Refrein:

Aanhou, aanhou is jou roepstem,

Volharding bring oorwinning mee;

In ons strewe lê ons liefde,

vir ons skool, vir jou Cillié.

Erekode

Die erekode is opgestel deur mnr. H.G.J. Lintvelt (skoolhoof 1955 - 1960).  Dit bevat lewensnorme en -waardes wat ’n rigsnoer is vir ons daaglikse lewe.

 

EREKODE

 

Ons aanvaar hierdie erekode in die geloof dat dit ons sal verhef,


Ons glo in God, ons volk, ons skool en onsself.

Ons beloof om te strewe na alles wat goed, waar, skoon en edel is.

Ons glo dat werk en kennis veredel en dat dit die beste belegging vir ons toekoms is.

Ons aanvaar die hoë eise van sportmanskap; om moedig te wees in ons neerlaag en nederig in ons oorwinning.

Ons beloof om nie net onsself nie, maar ook ons medemens en ons Skool, ons Volk en ons God te dien.

Ons glo dat in al hierdie dinge volharding tot oorwinning sal lei ...

 

"... sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hul jeug; ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van ’n paleis."

                                                                                                                  (Ps. 144:12)

 

 

Skoolwapen

Wapen-in-kleur

Wapen in 1940 deur Mnr Freddie Woest ontwerp.

Spoed navraag

Voltooi en dien in

Kontak ons gerus:

Telefoon en adres besonderhede:

Fisiese Adres:

h/v Kempston- en Uitenhageweg

Sydenham
6001
Port Elizabeth
South Africa

 

 

Kontak besonderhede:

Tel:  (041) 451 4837
Faks:  (041) 451-3500

 

 

E-pos:

hsc@absamail.co.za

 

Facebook:

https://www.facebook.com/hscillie

Fisiese Ligging

Kliek op die Google-kaart

Googlenew

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...